Voorbereiding nou ‘n kwessie van lewe of dood

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika ondersteun TLU-SA daarin dat dit lyk asof dit tyd geword het vir boere om hulself voor te berei op oorlog. Etlike dae het nou al verloop sedert die ANC Jeugliga se adjunk-president, Ronald Lamola in Durban gesê het; “Ons het ’n gebeure so kragdadig as ’n oorlog nodig om die land weer in besit van Afrikane te kry”. Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika sien dit as rassisties en aanhitsing tot moord en aanvalle op blankes. Tot op hede het die ANC en die regering geen woord gerep oor hierdie uitspraak nie, wat geneem word om te beteken dat die ANC en die regering dit aanvaar en ondersteun.

“Geen verantwoordelike persoon kan meer stil bly terwille daarvan om polities korrek te wees wanneer mense soos Lamola of Malema hulle ondersteuners aanhits tot geweld of selfs ‘n lae vlak van oorlog nie. Mense betaal met hulle lewens, nie net omdat die ANC hierdie soort van uitsprake maak nie, maar ook omdat meeste Suid-Afrikaners maak asof dit nie gebeur nie of dat dit geen gevolge het nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid om ons kinders en bejaardes te beskerm, selfs vir iets so kragdadig soos oorlog waarna Lamola verwys.

Die Verkennersbeweging sal TLU-SA volg en ondersteun in voorbereiding en aksies in die verband. Selfs as dit beteken dat boere se lewens en besittings met mag verdedig moet word. Daar word ook ’n beroep op elke weerbare Boere-Afrikaner gedoen om weerbaarheidsopleiding te ondergaan, sodat ons volk nie meer sagte teikens vir hierdie lafhartige terroriste bied nie. Die tyd het aangebreek om terug te veg.


Ben Geldenhuys
President
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika