Volkstrots / Verset

(Soos voorgedra op die Transvaalse Kongres deur raadslid Sid Mann)

Hierdie stuk is ‘n opsomming van Dr Hendrik Van der Wateren se boek “Die Pad na Herstel”, maar daar is ook insette wat nie uit die genoemde boek kom nie. Die opsomming en insette is gedoen om as riglyn te dien vir Verkenners poste se kort en langtermyn beplanning.

Probleem:-

Hoekom Verset ?- Ons het ons Volksvryheid verloor – Ons is dus onvry = Slawe.

  • Ons hunker na vryheid – Maar wat word met vryheid bedoel.?
  • Sommiges skreeu “Die Vierkleur sal weer wapper !” – Maar hoe.?
  • Ander mense se “Ons volk moet eers totaal afgetakel word, voor ons weer tot opbou gedwing sal word?” – Maar waarmee gaan ons opgebou word?.

Ons glo dat ons roeping is om al biddend te werk en al werkend te bid. Haggai 2 “Skep moed – en werk. Ons werk in dankbaarheid en geloofsvertroue.

Gestel die Here gee ons vandag ons Vryheid – Wat gaan ons daarmee maak.?  Sal ons die vryheid kan gebruik as ons nie deur werk daarvoor gereed is nie.?

Daarom moet ons nou reeds werk, met geloofsoortuiging, om gereed te kom vir daardie dag wat die Here, as ‘n genadebewys, Vryheid aan ons skenk. Ons moet met mekaar praat oor volksvryheid, en deur om dit op elke moontlikke terrein van die lewe te doen, begin ons reeds die probleem stelselmatig oplos, omrede praat betrokkenheid en saamhorigheid veroorsaak.

Waaruit wil ons bevry word?

Ons volk, is deur die geskiedenis geneig om terug te trek en die veranderende omstandighede stilswyend te aanvaar. Kyk net hoe vesoenend is die deursnit Afrikaner.? Versoening word natuurlik in die koerante en TV aangeblaas en word ons volk bearbei om:-

  •  Die ANC regering te aanvaar.
  • Om die nuwe SA as ons land te aanvaar.
  • Om die nuwe onbybelse maatskaplikke lewe te aanvaar.
  • Om die nuwe onderwysstelsel te aanvaar.

Ons word op elke terrein ge-indoktrineer om – Een te wees, en as ons nie so dink of doen nie, dan word ons bestempel as haatdraend. Sommige van ons  Kerke verkondig hierdie boodskap en dit spreek ons Christelikke gewete aan.

Hierdie “Versoeningsboodskap” breek ons volksverband af en omvorm ons volk in bedwelmde slawe van die eenheidsdenke. Mense wat lynreg in kontras met hierdie boodskap staan word ook handhawers van apartheid genoem en dit is in die huidige bestel die moeder van alle sondes. Die Afrikaner word oorreed dat hy maar net ‘n klein minderheid is en moet swyg voor die meerderheid, en die grootste gedeelte van ons volksgenote aanvaar dit maar net gelate.

Ek glo ons wil uit hierdie stelsel uit kom, nie om te haat, of as gevolg van haat nie, maar weens ‘n liefde vir dit wat eie is aan ons. Volksliefde is nie gelykstaande aan haat van die ander nie, dit is ‘n natuurlikke verskynsel, en is kragtens God se voorsienige ordening van volke, families en gesinne.

As ons praat kom ons se, Ek is ‘n Boer, ‘n Boere-Afrikaner en ek is trots op my volksverband.

Ons besef daar is groot gebreke by ons volk maar, ons moet ook ons bereidheid verklaar om daaraan te werk en om dit reg te skuur en te skaaf, sodat ons ons selfrespek kan terug wen. Deur om werk te maak van gebreke – Maak ons onself vry van die eerste slaweband.

VryheidWat is Vryheid.?

  • Sommige mense sien dit maar net as ‘n strewe na die ou SA.
  • Ander glo Vryheid is om maar net kultereel vry te wees binne die huidige bestel

Ek is seker ons ken almal sulke mense, party van hulle is familie en geliefdes en maak nie saak wat ons se nie, hulle bly op daardie stasie en verstaan nie die begrip of moontlikheid van Vryheid en die voordele wat dit vir ons volk inhou nie.

Hulle wil nie die stryd en offers, wat ware volkskap vra, betaal nie. Hulle swyg oor suiwer opvoeding van kinders, en oor die inrig van hulle lewens volgens ons godsdienstige, kulturele en lewensbeskoulikke waardes, is hulle maar gelate. Ongelukkig is hulle reeds ge-indoktrineer en dobber net voort met ‘n houding van “Leef en laat leef”.

Daar is ook mense wat glo dat Volksvryheid aan hulle ‘n soort bandeloosheid moet voorsien, naamlik om te doen en se net wat hulle wil. Hierdie is niks anders as persoonlikke vryheid nie. Sy vryheid draai net om homself. Hierdie mense verdwyn dan ook sommer maklik in die massa in, met allerlei verkonings.

Wat gaan, kan en wil ons daaromtrent doen.? Uit voorafgaande is dit duidelik moeilikke vrae, aangesien ons ‘n volk het wat duidelik nie ‘n helder vryheidsideaal het nie.

Kom ons voeg ons tot daardie deel van die volk wat wil bou.! Daardie deel van die volk wat met harde werk, wil afstuur op ware volksvryheid waartoe ons as volk geroep is.

Die offers van Vryheid

Geen volk in die wereld het sy vryheid sonder handhawing en stryd verwerf nie. Ons volk het in werklikheid nog nooit ware volksvryheid gehad nie.?. Ons sal dus ook vir onsself moet uitmaak wat dit is waarna ons roep as ons “Vryheid” roep.! Ons moet ook besef dat om volksvryheid uit te kerf en selfs af te dwing as dit moet, doelgerigte offervaardigheid gaan vra. Vir ons wat ware vryheid nastreef, moet ons met geloofsmoed werk aan ‘n volkstoekoms van ons eie volk, los van die verknegtende band van Brittanje, die VSA en sosialistiese Afrika.

Ons werk en offers moet gerig wees om ‘n suiwer Christelik-volkseie Boere-Afrikaner republiek op te rig, alleen gebind aan die woord van God. Dit is die eind-ideaal; dit is ware vryheid !. Hierdie ideaal is ‘n verhewe ideaal en daarom sal dit offervaardigheid , harde werk en toewyding verg en dit sal moet deel vorm van elke dag se stryd.

Op die manier werk ons in die geloofsverwagting dat ons Vader in die Hemel, ons daardie begeerde vryheid sal gee. Kom laat ons almal saambou om gereed te kom vir die dag wanneer ons weer met innerlikke oortuiging en waarheidsgetrou sal kan sing:-

Knegte van die allerhoogste, Teen die hele wereld vry.

Politieke Verwarring

Die verskyning van formele politieke partye in ons regeerstelsel, soos deur brittanje in 1902 begin, is in wese vreemd vir ons mense. Die Brits-gemunte politieke partywese, het daarin geslaag om ons volksdenke te oorheers. Na 1948 is ons politieke denke toegespits op integrasie teenoor apartheid, en ons het geglo dat alles hiervan afhang.

Na Republiekwording in 1961 en veral na die moord op H F Verwoerd in 1966, het denke begin fladder en ons volksroeping het ondergeskik geraak aan ons volksbestaan en tesame hiermee ‘n nuwe denkkoers, naamlik die inagneming van die wereldmening. Waar H F Verwoerd bereid was om stroom op te roei, het sy opvolgers en ons volk nie genoeg stamina gehad om te bly roei nie.

Van hier af to 1990, ondersteun deur liberale pers, het ons volk gekies, volgens koukusbesluite van politieke partye, om stroom af te roei. Hierdie verwarring is deur politieke partye geskep en het ons volk se denke oorheers en gefragmenteer om te glo dit word gedoen vir voortbestaan, maar dit het intussen ons volkslewe gefragmenteer.

Kultuur, maatskaplikke lewe  en self die kerke is verskeur en in groepe verdeel van ver-links, links, regs en ver-regs en dit is hoe ons in die nuwe SA beland het. Groot groepe van ons volk het dood eenvoudig ontrek. Ons lewe en dink nou gefragmenteerd, met ‘n natuurlikke weerstand teen politiek en terselfdetyd het kultuur- en volksorganisasies begin kwyn en/of totaal verander om aan te pas.

Ons moet dus ons gefragmenteerde volkslewe weer ordelik struktureer, om sodoende weer ‘n natuurlikke volksverband en volksidealisme te plant. Een van die beste maniere om dit te doen is om kultureel te vereenig. Aksies soos 100, 150 en 175 jarige herdenkings van die groot trek, is kultuurdade wat weer orde kan bring in die denke en kan groei tot volksdade. Ons moet weer betekenis gee aan “eendrag maak mag”.

Gelukkig is die partypolitieke invloed tans besig om vinnig te kwyn.

Politieke Doodloopstraat

Ons weet dat die brits-ontwerpte partystruktuur nog nooit in Afrika gewerk het nie en het opgeeindig, of is omvorm om die heerser in stand te hou en daar is geen rede om te glo dat dit is Suid-Afrika anders gaan werk nie. Dit is ook duidelik dat wie die mag het sy gesag afdwing en eenvoudig met geweld all opponente uit die pad uit vee.

Ons het net een opsie en dit is om onder die Britse partystelsel uit te onwortel. Dit het ons laat val en dit kan ons laat ondergaan.

Volkspolitiek soos deur ons voorgeslagte beofen was, is eg en eie aan ons volkslewe. In volkspolitiek word die volk direk in die regering verteenwoordig en die verteenwoordiger is aan sy kiesers verantwoording verskuldig. Volksvergaderings word gehou, sonder partye of party leiers wat die kitaar slaan en die landsvraagstukke is spontaan, eg en eerlik aangepak.

Leiers

Ons volk roep baie keer uit “Ons het nie leiers nie”, maar ons het leiers gehad wat deur meerderheids stem gekies is en wat ons oor die afgrond gelei het. Ons kan eerder se dat ons nie aanvaarbare leiers het nie, of nie volksleiers het nie.  Vannuit die woord leer ons dat die eerste kwalifikasie van ‘n leier Geloof is, nie verbintenis aan ‘sekere politieke party nie. Leiers is nie mense wat los staan van die volk nie. Ware leiers (Volgens die Woord), kan alleen opstaan as die volk opstaan, selfs as die leiers nog huiwer, word hulle deur die volk aangevuur.

Leiers word uit die volk uitgepers. Drukking in ‘n volk ontstaan deur volksbetrokkenheid en doelgerigtheid en daaruit word ware leiers na bo gedruk.

Dit beteken dat as daar nie drukking in die volk is nie, dan regeer die soort leiers wat as liggewigte vanself bo dryf.?

Ons moet nou reformatories dink, sodat ons volk sy verantwoordelikheid opneem, die geloofslewe gesuiwer word en daardeur volksdrukking opgewek word. Dan word ware leiers uitgepers. Ons glo die Here sal die regte leier, op die regte tyd voorsien. Die volksdrukking moet tergelyk plaasvind op die man, vrou en die jeug.

Volksdruk – Die Vrou

Voortbestaan is ‘n eienskap wat eerstens aan die vrou verbind word. Sy bring die volkskinders in die wereld, en is die werklikke kultuurdraer, primere opvoeder. Sy voorsien die taal van ons harte, ons moedertaal, waarin ons ons totale kultuurbehoeftes  verwoord. Dit is die somtotaal van ‘n volk se denke en doene.

Kultuur word vandag grootliks deur mans bedryf  – Waar is die vrouens?  Totdat die vrouens hulle roeping vervul, sal ons volk in sy ellende voortploeter en sal ware leiers ontbreek.

Kyk hoe het die vrouens in die 2de Vryheidsoorlog die mans en die seuns na die oorlogsfront gestuur en ten einde van die oorlog, terwyl hulle in konsentrasie kampe was laat weet: “Hou aan; ons sal uithou”. As vrouens soos staalvere agter hulle mans staan, dan kom daar volksdrukking.

Daar word gesoek na die vrouens wat hulle mans tot aksie kan druk, wat die kultuurlewe aandruk, wat die kulturele lewe aanwakker, wat die kinders opvoed in die suiwer waardes van die volk, kultuur en taal, dan eers sal ons volk weer ‘n geseende volk wees.

Moderne humanisme, finansiele druk, en die saamelewing het veroorsaak dat die vrouens werk toe gaan, terwyl die bediendes intrek om die huishouding te behartig en sommer ook die opvoeding van die voorskoolse kind.

Wanneer die mans en kinders van die werk en skool terugkeer, is daar geen ma, geen vrou en geen hart nie, want sy is by die werk, of sy is moeg gewerk. Dit het dikwels rampspoedige uitwerkings op huwelike en gesinslewe en nog erger ‘n geslag kinders word aan ‘n volksvreemde bediende se rokspante groot.

Vrouens het hulle grootliks uit die aktiewe gemeenskapslewe ontrek omrede hulle nie huis en werk en gemeenskapslewe alles kan inpas nie. Dit blyk van kardinale belang te wees dat ons volk se vrouens in staat gestel moet word om meer tyd te he vir hulle kinders en volk, sodat hulle hul roeping as vrou, opnuut onder oe kan neem. Die weelde van ‘n ekstra inkomste kan nooit vergoed vir die klaagtone wat uit vroulose en moederlose huise kom nie.

As die vrou weer haar geroepe rol kan vervul, sal ons volk weer krag kry want sy sal roep “word wakker!”, en ons volk sal uit sy doodslaap opskrik.

Volksdruk – Die Man

Die man word deur God geroep om sy vrou, sy gesin, sy gemeenskap, en sy volk te lei, terwyl hy homself  in sagmoedigheid laat lei deur die beginsels van die Woord. So ‘n man maak deur sy lewenswyse dit baie gou duidelik dat dit nie hy is nie maar die beginsel wat voorop staan. Manne, Lei jou gesin na die vaste beginsels van die woord – Dit is die man se roeping, terwyl hy sy gesin deur harde werk versorg en sy kinders toerus vir die lewe.

Orde is noodsaaklik as ‘n volk wil voortbestaan en dit is die primere verantwoordelikheid van die man. Die begrip Vaderland word aan die man verbind en dit beteken ‘n land wat bewerk word deur goeie en harde werk en bewaar word deur die ordeskeppende vadergesag. Mans neem u roeping op en begin om te heers tot orde. Neem u verantwoordelikheid op en begin in u leefwereld te werk tot vooruitgang. Veroorsaak volksdruk deur om volksgenote te inspireer en om nie deel te word van die praters, sitters en spotters nie.

Ons wag op die manne om op te staan en te se, Dis Genoeg!

Volksdruk  – Die Jeug

Vir jongmense en kinders is daar ‘n spesiale gebod: Eer jou Vader en jou Moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God aan jou gee.  As die volksorde verwaarloos word en die land deur die ouers weggegee word, dan het ons kinders geen toekoms nie, hulle sterf of hulle vlug.

Die voortgaan van ‘n volk skanier op opvoeding van die jeug, naamlik die mate waarin die ouers die jeug by die hand neem en hulle op die lewenspad lei. Die doel van die opvoeding is eerstens dat hulle gelei moet word tot diensbaarheid in die koningkryk van God.

Hierdeur lewe ‘n volk ‘n rustige en stil lewe in alle Godsvrug en waarheid en word die volkstaal, volkswaardes, gebruike, gewoontes ens bewaar, opgebou en aan die volgende geslag oorgedra. Ouers is verantwoordelik om ons kinders se energie en middele langs die kanaal van die tradisie te lei en as ons dit doen, sal ons ‘n krag in die jeug ontdek wat ons sal vertsom.

‘n Volk waarin die jeug na waarde geskat word en in die vrees van die Here gelei word, kan uitsien na die belofte om rustig en ordelik in sy Vaderland te woon, terwyl die volksraamwerk soos ‘n marmer paleis skitter.

Verset

Verset is nie ‘n gegryp na wapens of iets om voor bang te wees nie. Verset is ‘n natturlikke uitvloeisel van volksdruk wat moet lei na volksvryheid andersins het volksdruk geen doel nie. In die omlyining van verset moet veral gelet word op die gesag, orde, doel, optrede en resultaat anders kan verset lei tot rewolusie.

Verset moet ordelik wees, hieroor se Calvyn op die voetspoor van die Woord baie duidelik: Slegs geordende liggame wat die volk verteenwoordig mag ordelik in verset kom. As individue willekeurig versetmatig optree, lei dit to wanorde.

Ons het reeds ‘n buiteparlimentere spreekbuis vir ons volk, op ‘n ordelikke en wettige manier verkies, naamlik die Boere-Afrikaner Volksraad. Hier moet egter nog baie werk gedoen word, en ons moet deur gebed en aktiewe steun die Volksraad bevorder. Die Boere-Afrikaner Volksraad het nou reeds die volk se wens bekend gemaak, naamlik selfbeskikking in ‘n volkstaat, en nou kan ordelikke verset ontgin word.

Ongelukkig is die huidige regering rewolusioner en gebruik ‘n handves van menseregte wat in stryd is met die Woord van God aangesien dit in humanisme wortel, naamlik die verheerlikking van die mens. Ons sien ook dat wanorde in die land heers, weens ‘n gebrek aan gesag en orde en ons kan nie met enige versetaksies, dieselfde foute maak nie. Daar kan vir vryheid geveg word deur rewolusionere metodes of met verset wat in die waarheid van die Woord wortel.

Versetdade wat suiwer aan die waarheid getoets moet kan word maak die stryd om vryheid in baie opsigte moeilikker, maar dit is in alle opsigte heerlikker, ryker en blywender. Die vryheidsideaal moet dus helder wees en die vryheidsmetode moet doelgerig en suiwer wees.

Verset is ‘n gebedsaak en ‘n verstandsaak wat in terme van belydenis, die Heidelbergse Kategismus, berus op ‘n vaste vertroue en ‘n gewisse kennis. As dit nie hieraan voldoen nie, is dit nie werklik verset nie, maar dra die optrede die merktekens van rewolusie.

Verset dra dus diepgaande kennis, ‘n helder doelformulering, ‘n kalm oorweging van feite, omstandighede en optrede en dan as die saak helder is, verg dit vasberade en daadkragtige optrede. As dit alles gedoen is in die waarheid van die woord, word dit ‘n geloofsdaad en daarom ‘n kragtige optrede.

Die doel van verset is volksvryheid. Die daad van verset is handhawing om die doel te bereik. Dit is omvattend in die die totale volkslewe, naamlik die handhawing van taal, van ons volkskultuur en gewoontes, ons tradisie in ons simbole en plekname, ons godsdiens en sedes.

Waar hierdie dinge gehandhaaf word, het ons met verset te make, maar nog nie georganiseerde verset nie. Georganiseerde verset moet plaasvind via die Boere-Afrikaner Volksraad.

Groot massa optrede is nie nodig nie vir suksesvolle verset nie, ‘n klein persentasie mense wat doelgerig en beginselvas optree kan dikwels meer vermag.

‘n Tekort aan finansiele middle veroorsaak dat ons baie keer tou opgooi. Dit is dus nodig dat geld verkry moet word voordat ‘n saak aangepak kan word. As die finansiele vermoens nie bestaan om ‘n saak volhoubaar uit te voer nie, moet die saak eerder afgeskaal word of daar moet gewag word totdat die saak finansieel volhoubaar uitgevoer kan word.

Dit is nie nodig dat die hele volk as ‘n liggaam in beweging kom nie, ‘n klien minderheid kan veroorsaak dat ‘n volk aanhou bestaan, en vryheid kan bekom. Dit is ‘n klein minderheid, soos ons, wat volksdruk kan opwek wat die hele volk uiteindelik tot verset en vryheid kan inspireer.

Die vraag  is of ons ander kan inspireer, of ons kan werk en of ons volksdruk kan veroorsaak en aan die gang kan hou.? Na my persoonlikke mening is dit en al die voorafgaande die hooftaak van die Verkenner in 2015, en vorentoe !!.

Ons kan en sal en wil die volkswil opwek en ons aksies moet deurwerk na die harte van alle volkslede.

Ons moet onthou dat die Here in die Hemel weet wat beplan, bedink, en gedoen word. Ons moet waak daarteen om niks sonder ernstige gebed te doen nie en hier kan ons dink aan die kort gebedsversugting van Psalm 121.

Ek slaan my oe op na die berge;

 Waar sal my hulp vandaan kom?

My hulp is van die Here

Wat hemel en aarde gemaak het.