Plaasmoord of Volksmoord?

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika is, anders as die publiek, nie verbaas oor Mnr. Ernst Roets van AfriForum se ontkenning dat ras ’n rol speel in plaasmoorde nie. Reeds op 9 Julie 2012 het die Afrikaanse webwerf Praag berig dat dit die agbare meneer Roets en AfriForum se siening is.

Na hierdie berig is ’n e-pos aan menere Roets en Kriel van AfriForum gestuur om te vra of hulle die volksmoord erken wat teen die ons volk gepleeg word. Mnr. Roets het my destyds na AfriForum se webwerf verwys, terwyl mnr. Kriel my versoek het om hom van die gesprek te verwyder. Mnr. Roets is versoek om asseblief die vrae aan hom gestel te beantwoord. Tot op hede is geen antwoord ontvang nie.

Een feit wat soos ’n paal bo water staan, is dat meeste van die plaasmoorde wel rasgedrewe is. Die aanvallers is swart en die meeste van die slagoffers is wit. In baie gevalle word die mense gemartel, maar bitter min word gesteel. Hierdie is beslis nie net misdaad nie. Hierdie tendens word ook waargeneem in ons dorpe en stede, waar daar daagliks blanke mense vermoor word sonder dat iets gesteel word. Daar is selfs gister berig van ’n 5 jarige blanke kind wat verskeie steekwonde toegedien is en in ’n sloot agtergelaat word vir dood.

Die Verkennersbeweging wil dit duidelik stel dat nie net plaasmoord nie, maar volksmoord tans gepleeg word. Ras speel beslis ’n rol en geen ontkenning daarvan gaan die feite verander nie.

Hierdie was die ideale geleentheid vir AfriForum en mnr. Roets om die wêreld van hierdie volksmoord in kennis te stel. Ongelukkig was daar besluit om eerder katvoet te loop en Politieke korrektheid bo die waarheid die wêreld in te stuur.