Boeregrafte

Die Newcastle Verkenners het op Erfenisdag 24 September 2015 die Boeregrafte te Schuinshoogte in die omgewing van Newcastle skoon gemaak. Die slag van Schuinshoogte was een van die voorlopers tot die slag van Majuba tydens die Eerste Vryheidsoorlog. Agt Boere het tydens die slag van Schuinshoogte gesneuwel wat op 8 Februarie 1881 plaasgevind het. Die Boerekrygers is ‘n entjie van die slagveld af begrawe. Daar is ‘n klein monumentjie opgerig. Die Boeregrafte is op ‘n privaat plaas geleë. Op die angehegte foto’s kan gesien word hoe die Boeregrafte voor en na die skoonmaak aksie gelyk het.

Verkennersgroete uit Natalia,

Tinus Maré
Newcastle.