Kampeerklub


DIE VERKENNERS KAMPEER KLUB

Geagte Mede Verkenners,

Die Nasionale Verkenners Kampeerklub (VKK), is in Oktober 2012, te Paardekraal, Krugersdorp gestig. Daar is tans 9 lede en twee poste, naamlik Hartland Pos in Pretoria en die Paardekraal Pos in Krugersdorp.

Die hoof rede vir stigting is dat ons almal lief is vir die buitelewe en kamp, maar dat ander kampeerklubs nie heeltemal by ons besonderse kultuur inpas nie. Dit wil ook blyk dat geen van hulle ’n vryheidstrewe het nie.

Die Kampeerklub wil hierdie jaar uitbrei en poste landswyd stig.

Daar is reeds ‘n embleem (Soos bo) en kampplaatjies ontwikkel asook ‘n volledige Grondwet, Aansoekvorms en ‘n Erekode.

Indien u belangstel om so ‘n Klub in u dorp of omgewing te begin, kontak my gerus sodat ons die nodige dokumentasie aan u kan deurstuur.

Ons eerste kamp hierdie jaar is te Majuba vanaf 28 Februarie tot 2 Maart 2014. Daar gaan ‘n area te Majuba afgebaken word vir die Kampeerklub lede waar ons sovêr moontlik saam gaan kamp. Ons nooi hiermee alle Verkenners wat ook kom kamp, om saam te kom laer trek.

U kan my gerus kontak by sid.mann@kmla.co.za of 0832273260, vir navrae.

Hieronder is ‘n uitreksel uit die Grondwet om u ‘n idea te gee van die aard van die klub.

Sien u by Majuba vanjaar.!

Groete,

Sid Mann
TVL Onder Leier

“1. NAAM

Die naam van die Klub is DIE VERKENNERS KAMPEER KLUB, hierna die Klub genoem.

2. DEFINISIE
“Afrikaner”
Waar daar in hierdie Grondwet verwys word na Afrikaner beteken dit Christen Boere-Afrikaners wat glo in God Drie-enig en wat die 1654 Onderneming van Jan Van Riebeeck, die Bloedrivier Gelofte van 1838 en die Paardekraal Gelofte van 1880 onderhou en onderskryf en daarbenewens ‘n vryheidsstrewe vir die Boervolk het.

3. WESE

Die Klub is vir Afrikaners wat hou van kamp en die buitelewe en wie as lede tot die Klub toegelaat is. Die Verkenners Kamp Klub is ‘n outonome , a- politiese volkseie Klub, deur Boere-Afrikaners, uit Boere-Afrikaners vir die Boere-Afrikanervolk , gerig deur ‘n Bybels-Christelike lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God en diens, in die eerste plek aan God Drie-enig, en tweedens die Boere-Afrikanervolk.