Verkennerkongres 2016

Die twee jaarlikse Nasionale kongres het plaasgevind op 7 Mei 2016. Hierdie keer was die gashere van die kongres die Groblersdal pos.

Daar is heerlik saam gekuier en gebraai tydens ‘n kenmekaar op die Vrydagaand voor die kongres. Verkenners van oor die land het hier mekaar beter leer ken. Die meeste van ons is ook bekend gestel aan die bees “tjop”. ’n Vleissnit wat ek vir die eerste keer hier raakgeloop het.

Daar is ook tydens die geleentheid, verskeie toekennings gemaak.

Die voorsitter van Paardekraal, Jimmy Lizamore, ontvang ‘n sertifikaat vir dapperheid namens Charl Axsel.

 

Theo Kruger van Groblersdal het die Steve Strydom Trofee verower.

 

Alwyn de Klerk was die ontvanger van die Prof. P.G. Nel trofee vir Bobaas Verkenner.

 

Die Verkenner Presidenttrofee vir die beste pos, is toegeken aan Groblersdal.