Wat van oom Clive?

26 Julie 2012

Wat van meneer Clive Derby Lewis?

Dis met geen verbasing dat die Verkennersbeweging van Suid-Afrika verneemdat die korrupte voormalige Polisie kommissaris, Jackie Selebi, op medieseparool vry gelaat word nie. Selebi het skielik inmekaar gesak toe hy hoor syappel aansoek is van die hand gewys. Dit het beteken dat daar geen uitkomsmeer was nie. Sedert sy skielike gerieflike siekte, het hy bitter min dae indie tronk deurgebring. Die meeste is in die tronk se siekeboeg of in diehospitaal deurgebring.

Selebi was net meer as sewe maande in die “tronk”. Glad nie sleg vir iemandwat tot 15 jaar gevonnis is nie! Die Verkenners voorspel dat Selebi net sowonderbaarlik gaan herstel van sy siekte, as wat Shabir Shaik gedoen het.

Dit bring ons by meneer Clive Derby-Lewis. Sy parool word keer na keergeweier, elke keer is die rede meer belaglik as die vorige. Daar is teenhierdie tyd al soveel onregte in hierdie saak gepleeg dat dit ten hemeleskreeu. Die tyd wat Mnr. derby-Lewis in die tronk deurgebring het asterdoodveroordeelde word blykbaar nie in ag geneem nie. Daarna en ‘n éérstein die land, moes die familie van Hani skielik geraadpleeg word. Hierdiereëls word egter net toegepas op Mnr. Derby-Lewis en is beslis nie die norm nie.

Ministers het al self die uitspraak gemaak dat hy in die tronk moetvrot. Hierdie wys maar net soos rasstellende aksie, swart ekonomiese bemagtigingen soveel ander wette in hierdie land dat almal nie gelyk is nie. Almal is ook nie welkom nie. Sommige is net meer blind as ander.

Die Verkenners vra alle volksgenote: Het dit nie tyd geword om in verset teen sulke belaglikhede te kom nie?

Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkenners Beweging van S.A.