Die ANC is rassisties

Die uitslag van die ANC se jeugleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor is vandag bekend gemaak. Malema is aangekla op drie klagtes en op die eerste twee klagtes skuldig bevind. Op die derde klagte, ‘n klagte van rassisme, is Malema onskuldig bevind. Die klag van rassisme het gevolg op ‘n uitlating van Malema waarin hy verklaar het dat Witmense grond gesteel het, dat hulle misdadigers is en so behandel moet word.

Die feit dat die ANC tugkomitee nie hierdie uitlating as rassisties beskou nie en gevolglik nie vir Malema skuldig bevind het aan rassisme nie, is ‘n duidelike bewys dat die ANC in sy wese rassisties is en gevolglik nie hierdie duidelike rassistiese uitlating as sodanig kan raak sien nie. Die ANC se verdediging van die “skiet die Boer” lied, selfs in die howe, is ‘n verdere bewys van die ANC se diepliggende rassisme. So ook die ANC se verdediging van rassistiese wetgewing soos affirmative action, swart ekonomiese bevoordeling en die grondgryp program.

Gevolglik moet Boere nie te verheug raak oor die skorsing van Julius Malema nie, aangesien hy bloot vervang sal word deur ‘n ander rassistiese lid van die ANC se jeugliga.


Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika