Boeremaglede moet onmiddelik vry gelaat word

Die bekendmaking deur ‘n voormalige lid van die intelligensiediens dat die sogenaamde Boeremag saak ‘n skepping is van die regime se geheimediens, noodsaak die onmiddellike vrylating van die aangehoudenes.

Die feit dat die aangehoudenes afgeluister is tydens aanhouding en tydens gesprekke met hulle regsverteenwoordigers en die feit dat hierdie inligting aan die aanklaer gegee is, maak die hele hofsaak belaglik.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die aangehoudenes in die naam van geregtigheid onmiddelik vry gelaat word en dat die provokateurs en agente wat by hierdie laakbare dade betrokke was, vervolg moet word vir al die laakbare wandade deur hulle gepleeg.

Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika