Volksmoord optog

‘n Volksgemeenskap wat met sy normale lewe voortgaan en skouers optrek terwyl sy weerloses uitgemoor word, verdien geen voortbestaan nie. So ‘n volk sal uiteindelik uitsterf, omdat sy individue te veel op hulleself en te min op mekaar ingestel is. Daar is ‘n deel van die Boere-Afrikanervolk wat hierdie waarheid besef. Daarom kan en sal ons nie die barbaarse verwurging van ‘n baba en ‘n bejaarde vrou in Delmas op 23 Mei 2012 met ‘n blote sug laat verbygaan nie.

Wie van ons se weerlose baba, wie van ons se weerlose kind, vrou of bejaarde ouers is volgende? Watter Boere-Afrikaner word volgende by sy plaashek voorgelê en deur ‘n Swart oormag met panga’s opgekap? Watter Boere-Afrikaner word volgende in ‘n dorp of ‘n stad onverwags deur ‘n Swart rowerbende oorval en in ‘n koeëlreën afgemaai?

Die ANC-Regering wat hierdie land kastig tot beswil van al sy mense moet regeer, is aandadig aan hierdie volksmoord op die Boere-Afrikanergemeenskap. Want die ANC ondersteun haatspraak teen die Boere-Afrikanervolk. Die ANC weier selfs om die feit van volksmoord teen die Boere-Afrikanergemeenskap te erken, vergeet nog van maatreëls om dit stop te sit. Die ANC wat ons regeer en gevolglik veronderstel is om ons lewe en welsyn op die hart te dra, is eerder ingestel op die vernietiging van die Boere-Afrikanervolk. Daarom het hierdie volk by ‘n kruispad gekom.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika en ander volksgenote wat ons hierin ondersteun, sal soos die Vader wil op 31 Mei 2012 om 09h00 ‘n opmars hou van die noordelike punt van Samuelweg na die munisipale kantore van Delmas; om aldaar aan die Regíme ‘n memorandum te oorhandig; waarin laasgenoemde in kennis gestel sal word waar die Boere-Afrikanervolk met hom staan.

Ben Geldenhuys
President
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika