Volksmoordklag teen ANC regime

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het ‘n klag van Volksmoord teen die
ANC regime by die Internasionale kriminele hof in Den Haag gelĂȘ. Verskeie
ander organisasies het sedertdien hul steun vir die klag gewys deur hulself
as klaers tot die klag te voeg.
Die kantoor van die aanklaer van die Internasionale Kriminele Hof het in ‘n
skrywe, ontvangs erken van die klag (klag nr. OTP-CR-31/12). Die aanklaer
het vervolgens ook bekend gemaak dat die saak ingevolge artikel 53 van die
Roomse Statuut ondersoek word.
As beweging wat homself tot geregtigheid vir ons volk se saak verbind het,
is Die Verkennersbeweging verheug dat die internasionale gemeenskap se
juridiese instellings van die kommerwekkende situasie waarin ons volk
homself bevind begin kennis neem. Danksy verskeie aksies deur Die Verkenners
waarin hul die waarheid van die volksmoord teen ons volk en gepaardgaande
vertrapping van ons volk se waardes aan die internasionale gemeenskap
oordra, word daar toenemend druk op die ANC regime van Suid-Afrika geplaas.
Mnr. Ben Geldenhuys, president van Die Verkennersbeweging, het ook aangedui
dat Die Verkenners onverskrokke sal voortgaan om die Boere-Afrikaner se saak
uit te dra en te bevorder.

Ben Geldenhuys
President
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika