Verkennerpresident toespraak – 25 Jaar


Vandag vier ons die 25ste bestaansjaar van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika. In die jongste verlede word daar dikwels gevra wie en wat die Verkenners nou eintlik is. Wat staan ons te doen? Met watter aksies moet ons onsself besig hou?
Gun my die geleentheid om julle so bietjie in te lig oor die geskiedenis van die Verkenners. Dit sal ons tot ’n antwoord bring.

In die laat tagtigerjare het ’n menigte Afrikaner organisasies weg beweeg van die doel waarvoor hulle tot stand gebring is. Hulle denke en dade het al hoe meer liberaal geword.

Die Rapportryerskorps was een so ’n organisasie. Al hoe meer lede het ontuis begin voel in die Rapportryers geledere. Een van hierdie persone was oom Steve Strydom, wat lid was van die Magaliesburg se korps.

Aan die einde van 1988 word ’n versoek gerig vanaf die hoofkantoor van die Federasie van Rapportryerskorpse dat alle korpse ’n bydrae moet maak om beurse aan swart studente op Universiteit beskikbaar te stel. Hierdie was die laaste strooi.
Tydens die eerste vergadering in 1989 stel oom Steve sy plaaslike korps in kennis dat hy onmiddellik bedank, nadat ’n mosie om hulle los te maak van die Federasie van Rapportryerkorpse van die hand gewys is.

Hy begin dadelik werk aan ’n grondwet vir ’n nuwe organisasie en aan die einde van 1989 was die beplanning om ’n nuwe behoudende organisasie daar te stel, gereed.

Drie persone word geïdentifiseer wat op 19 Oktober 1989 na sy huis genooi word en ’n nuwe organisasie word gestig. Hierdie persone was Oom Steve self, Jan-Hendrik Vermaak, Thys Janse van Vuuren en Tom Kruger. Met die stigting was die organisasie nog naamloos.

Met die eerste vergadering in Januarie 1990 het Fred van Breda die naam Verkenners voorgestel. Hierdie naam is deur almal teenwoordig aanvaar. Tydens die eerste nasionale kongres word ’n voorstel van Prof. P.G. Nel dat die naam gewysig moet word na die Verkennersbeweging van Suid-Afrika aanvaar.

Aksies met die jare
Reeds in 1992 was die Verkenners van mening dat gemengde skole sport soos ’n Trojaanse perd gebruik gaan word as aftakelings meganisme van die Boerevolk en sy waardes. Aksie Volkseie Sport word deur Verkenner Daan Nolte daargestel. Ongelukkig het daar sedertdien ook volksvreemdes hulself hier begin inwurm.

Op 27 Maart 1993 word daar ’n beswaarskrif aan F.W. de Klerk gerig oor die ondraaglike toestand in die land. Hierdie versoekskrif word om 11:00 die oggend by verskeie SAP stasies landswyd oorhandig.

Ook in 1993 word ’n Geloftefees vlagloop gereël. Volksvlae word van regoor die land gedra te voet gedra na Kerkplein in Pretoria by oom Paul se standbeeld. Van daar is die vlae na die Voortrekkermonument.

In Mei 1999 word ’n gesprek met die direksie van die Voortrekkermonument gehou, waar ’n Rock konsert gehou sou word. Na nog dreigemente daarna, word die konsert na Pretoria Fonteine verskuif. Hierdie sou nie die laaste kopstamp met die Voortrekkermonument wees nie.

In September 2000 bied die Verkennersbeweging in samewerking met die Volkskomitee ’n Volksaamtrek by die Danie Theron monument te Gatsrand aan.

Die Verkenners was medestigters van die Afrikanervolksfront.

By die onthulling van die Danie Theron standbeeld by Fort Skanskop neem die beweging stappe teen die onthulling van die beeld deur die terroris Nelson Mandela. Daar word ’n ooreenkoms bereik dat die terroris nie die beeld hierdie oneer sal aandoen nie. Ook dat die Kettie vlag nie vertoon sal word en Oom Kosie nie gesing sal word nie.

Met die Aksie Stop Moord en Roof, in samewerking met die AKB word bewusmaking gedoen teen die aanslag van op die Blanke bevolking in die land. Sentraal in hierdie aksie is Verootmoediging. Daar is ’n optog met wit kiste gehou na die Unie gebou, waar ’n versoekskrif aan ’n verteenwoordiger van die regering oorhandig is.

In 2009 beset die Verkenner Jeugpos in Pretoria die Voortrekkermonument se winkel, waar daar allerhande volksvreemde voorwerpe verkoop word, maar bitter min Boere memorabilia. Die SAP word ingeroep, maar geen Verkenner gaan slaap in die Staatshotel nie.

Later in 2009 word ’n musiek konsert in die Voortrekkermonument aangebied waar ’n sanger wat donker gebak is deur die Afrika son, Boereseun sal sing. Daar word beswaar gemaak en met die bestuur van die Voortrekker monument vergader, sonder sukses. Op die aand van die vertoning word die hekke van die Monument deur ’n onbekende persoon gesluit met ketting en slot, sodat niemand die terrein kan betree nie. Dit het heelwat konsternasie veroorsaak. Hierna word alle Verkenners die Voortrekker monument belet. In tipies Verkenner styl, word daar ’n braai gereël by die monument. Hierdie braai word geniet sonder dat die dreigemente uitgevoer word.

In 2010 word die destydse Jeugleier van die ANC “Joef Lieg” deur die destydse Nasionale Sekretaris, Ben Geldenhuys uitgedaag om hom te kom skiet by die monument, nadat die terroris-in-wording by verskeie geleenthede “Kill te Boer” sing.

Tydens die eerste sessie openbare verhore in Pretoria oor straatnaam veranderings, in 2008, kry die Verkennerkoor sy beslag. Hierdie koor word so luidkeels toegejuig tydens elke vergadering, dat die arme voorsitter van die vergadering nie ’n woord kan inkry nie. Tydens die laaste vergadering was die jolyt so groot dat die SAP deurmekaarraak en traangas spuit. Die vergadering is almal as onwettig verklaar aangesien geeneen kon plaasvind nie.

In 2011 besluit die Verkenners dat hulle self die straatnaamveranderingsproses ondersteun. Tydens hierdie geleentheid word Nelson Mandela Rylaan in Pretoria herdoop tot Clive-Derby Lewis straat. Die SAP was so bly hieroor dat ses manne in ’n Staatshotel ingeboek word, waaronder die Verkenner President en die Tesourier en die Transvaalse leier. Dit was dieselfde tyd wat die Verkenner Visepresident in die Kaap in ’n Staatshotel vergas is na die besoek aan ’n benoude professor.

Intussen het die Verkenners landswyd ook hard gewerk om die VVK proses te help bevorder. Verkenners het kiesers geregistreer, by stempunte gewerk, as kiesbeamptes opgetree en daar was ’n hele paar Verkenners wat as kandidate opgetree het.

Verder is daar ook gereeld Volksfeeste gereël deur Verkenners landswyd. Verkenners in baie betrokke in ’n menigte volkseie organisasie om te stry vir die behoud van ons kultuur.

As ’n mens al hierdie genoemde aksies in oënskou neem, sal ’n mens merk dat die Verkenners nog altyd ’n organisasie was wat kultuur vooropgestel het. Dis egter ook ’n organisasie wat van die beginjare betrokke was by verset. Die beweging is immers deur verset gebore. Daar is ook vele aksies wat vryheid vooropstel.

Partykeer word daar gefluister dat die Verkenners van rigting verander. Dit is nie die geval nie. Die werkswyse van die aksies verskil dalk so bietjie van die in die verlede, maar daar moet ook in ag geneem word dat die situasie in die land ook drasties verander het.

Al wat nie verander het nie, is die beginsels van die Beweging. So ook nie die hardekwas streep waaroor meeste Verkenners beskik en wat gelei het tot die ontstaan van die beweging.

Ons salueer die manne wat ons voorgegaan het. Ons hoop om met trots in hulle voetspore te wandel.