BAV samesprekings met regering

MEDIAVERKLARING
28 Augustus 2014

Vandag, 28 Augustus 2014 gaan die Boere-Afrikanervolksraad met die regering van die dag gesprek voer oor die Boere-Afrikanervolk se eis om territoriale selfbeskikking.

Die Verkennerbeweging van Suid-Afrika is al lankal op rekord dat hulle hierdie eis ten volle ondersteun.

Ons wil hiermee vir die verteenwoordigers van die Boere-Afrikanervolksraad alle sterkte en wysheid toebid. Ons weet dat ons Hemelse Vader alle mag besit oor mense, volkere en konings en is daarom ook dankbaar dat Hy die BAV gebruik om ons eis om territoriale selfbeskikking te gaan uitdra.

Jan Beyers
Tel : 079 357 5804
Sekretaris
Verkennerbeweging van SA