STRAATNAAM VERANDERING VAN TERRORIS RYLAAN NA VOLKSHELD STRAAT

Dit is met dankbaarheid, maar glad nie met verbasing nie, dat die Verkennersbeweging verneem dat die saak teen van sy lede teruggetrek is.

Die saak spruit voort uit die gebeurtenis in Julie 2011 waar die straat wat na die terroris Nelson Mandela vernoem is na Clive Derby-Lewis straat herdoop is. Die Suid-Afrikaanse Polisie het alle hulpmiddels tot hulle beskikking gebruik om die manne vir ’n protes-daad wat geen skade aangerig het nie te vervolg. Hulle is summier in die selle toegesluit en is daar vir die volle 48 uur wat tot die SAP se beskikking is onder haglike omstandighede aangehou. Tydens hulle verblyf in die selle is daar gepoog om die manne deur onder andere ’n besoek van ’n Polisie-Generaal te intimideer. Daar was op ’n stadium selfs ’n spesiale ondersoekspan van Johannesburg af laat kom om, lagwekkend soos dit klink, ’n saak van terrorisme te ondersoek. Die manne is uiteindelik van openbare geweld, saakbeskadiging en oortreding van ’n Padverkeerswet aangekla. Die klagtes teen die manne is intussen deur die staat teruggetrek.

Die optrede van die SAP is weer ’n voorbeeld van die mors van belastingbetalersgeld vir onbenullighede om mense te vervolg wat durf om die adder-regering teen te gaan of om die Afrika-afgod Nelson Mandela se naam in oneer te bring. In teenstelling met die SAP se flinke optrede daar waar hul siek bestel se wankelende naam in oneer gebring word, kan daar daagliks in nuusberigte oor plaasmoorde gelees word dat die moordenaars nog op vrye voet verkeer. Die SAP se optrede teenoor diegene wat hulself soos die manne in hierdie saak teen die onreg van die huidige bestel verset is ’n duidelike bewys van waar die ANC-georiënteerde SAP se prioriteite lê.

Intussen is mnr. Clive Derby-Lewis nog steeds selfs nadat die paroolraad sy aansoek goedgekeur het nog in die gevangenis. Die betrokke minister self het die aansoek egter afgekeur, terwyl nog ’n ANC-kader, Jackie Selebi, meer in die hospitaal as in die gevangenis was na hy ’n skielike siekte na sy vonnisoplegging ontwikkel het. Die voorspelling kan gemaak word dat Jackie Selebi nog voor mnr. Derby-Lewis op mediese parool vrygelaat sal word.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika doen ’n beroep op volksgenote om hulle nie af te laat skrik deur hierdie adder-regering wat die waarheid, ware reg en geregtigheid verkrag nie.

Die uwe,

Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkenners Beweging van S.A.