Rian van Heerden

Die grondwet van Suid-Afrika beskerm die reg tot vryheid van spraak. Daar is egter sekere beperkings op hierdie reg, o.a. waar dit skadelik is vir kinders en waar dit onverdraagsaamheid teenoor ‘n geloof openbaar.

Die BCVO is ‘n beheerliggaam vir talle Christelike Afrikaanse skole reg oor die land. Die BCVO bied ‘n geregistreerde matriekeksamen aan wat goedgekeur is deur UMALUSI en aanvaar word deur al die universiteite in Suid-Afrika.

Op 4 Januarie 2012, tydens die 07:00 nuus, het die nuusleser van die radiostasie Jacaranda 94,2 bekend gemaak die BCVO se matriekeksamen het ‘n slaagsyfer behaal van 95% vir die 2011 eksamen, ander Privaat skole so bietjie minder en dan die Staatskole wat sukkel om n 70% slaagsyfer te behaal.

Net na die nuus maak die aanbieder Rian van Heerden die volgende aanmerking:

Sy woorde was in die lyn van: “Die regses, hulle het seker net 2 vrae om te antwoord.”

Een: “Wie is Hendrik French Verwoerd?”
Antwoord: “Eerste Minister” – Reg

Twee: “Wie regeer die land?
Antwoord: Die Kommuniste” – Reg – en as hul kommuniste reg spel kry jy n onderskeiding.

Uit bogenoemde wil dit voorkom of Mnr Rian van Heerden uiters onverdraagsaam is teenoor Christelikeskole en hulle as “regs” klassifiseer. Sy aanmerking is ook uiters skadelik teenoor kinders. Nie net die kinders wat in 2011 die BCVO se matriekeksamen geskryf het nie, maar ook die derduisende kinders wat tans in Christelike Afrikaanse skole is en in die toekoms die BCVO se matriekeksamen gaan skryf.

Dit is verstommend dat ‘n persoon wat onverdraagsaam is teenoor die Christelike geloof en die Christelike lewenswyse, die platform van ‘n radiostasie het om sy onverdraagsaamheid te propageer. Dit is verder verstommend dat sy skadelike, neerhalende uitlatings teenoor kinders toegelaat word.

‘n Klagte in die verband is by die uitsaai klagte kommissie van Suid-Afrika (BCCSA) ingedien.

Die uwe,


Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika