DIE VAL VAN ’n SEDER

Dis met leedwese dat die Verkenners verneem het van die heengaan van een van sy groot geeste. Oom Flip Bruwer van die Pretoria pos. Ten spyte van sy ouderdom (75 jaar), het hy getrou aksies bygewoon en ondersteun. Oom Flip het ook as kandidaat gestaan in verlede jaar se VVK verkiesing gedien. Hy het slegs met ’n paar stemme sitting in die volksraad gemis.
Oom Flip was ook op elke denkbare manier en organisasie betrokke by die volks se Vryheidstryd.
Ons medelye word betuig aan sy vrou, familie en vriende.
Dit was ’n eer om oom Flip ’n Verkenner te noem.

Alwyn de Klerk
Sekretaris: Verkenners Beweging van Suid Afrika