Steun aan Boere-Afrikaner Volksraad se regsaksie

MEDIAVERKLARING

19 Junie 2014

STEUN AAN BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD SE REGSAKSIE

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika se Nasionale Raad het tydens ‘n raadsvergadering die Beweging se steun aan die Boere-Afrikaner Volksraad herbevestig. Die Beweging steun ook die Volksraad se regsaksie wat tans geneem word teen die regime, ten einde laasgenoemde tot orde te roep om sy regsverpligtinge rakende ons volk se reg op selfbeskikking na te kom.

Die Beweging bly verbind tot ons volk se regmatige strewe tot selfbeskikking; en sal alles in ons vermoë doen om ‘n bydrae te lewer tot verwesenliking van ons reg op selfbeskikking en vryheid.

Alwyn de Klerk
President
Verkennersbeweging van SA
Tel : 082 940 8825