Besin oor ATKV

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika wil na aanleiding van die Volksraad se onlangse gesprek met die Menseregte kommissie (MRK) van Suid-Afrika, ‘n ernstige beroep doen op volksgenote om te besin oor hulle steun aan die ATKV. Dr Danny Titus is die uitvoerende direkteur oor kultuursake by die ATKV en is ook die persoon wat die Boere-Afrikanervolksraad se klag ondersoek by die MRK in sy hoedanigheid as deeltydse kommissaris by die MRK.

Uit die verslag wat die Boere-Afrikanervolksraad gelewer het na die gesprek met die MRK is dit duidelik dat Dr Titus vyandig gesind is teenoor die Boere-Afrikaner. Dr Titus se inkomste by die ATKV word egter betaal uit ledegeld en inkomste uit die verskeie ATKV vakansieoorde wat hartseer genoeg bygedra word deur volksgenote.

Die Boere-Afrikaner kan nie bekostig om sy eie onderdrukking te finansier.

Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika