Nkosilied ‘n simbool van onderdrukking

14 Maart 2013

In die lig daarvan dat die “nasionale lied” van Suid-Afrika eerbiedig is by die gradeplegtigheid van die tersiêre instelling Akademia,  maak die Verkennersbeweging van Suid-Afrika die volgende duidelik:  Die Verkennersbeweging beskou die lied Nkosi sikelel’ iAfrika as ‘n skandalige simbool van die Boere-Afrikaner volk se huidige flagrante onderdrukking. Onder hierdie sogenaamde volkslied is in die akademiese omgewing (soos elders die geval ook is) nog net onreg teenoor die Boere-Afrikanervolk gepleeg – onder andere deur onregverdige, rassistiese keuringsprosesse en toelatingsvereistes wat nie-Blankes bevoordeel en meriete ignoreer. Sulke skreiende diskriminering het hoegenaamd niks te doen met kastige “regstelling van Apartheidsonregte” nie. Dit word bewys deur die feit dat huidige rassisties- bevoordeeldes afkomstig is uit alle uithoeke van die aarde (byvoorbeeld Afrikane uit die res van Afrika; en Chinese wat niks met Suid-Afrika tydens “Apartheid” te doen gehad het nie); maar desondanks voorkeurbehandeling kry ten koste van inheems-gebore Blankes (en boonop nog op die rug van laasgenoemdes se belasting-geld).

Die Verkennersbeweging is ‘n organisasie wat ernstig is oor sy Gereformeerd-Christelike grondslag. Ons aanbid die God van die Bybel en erken geen ander gode nie. Die veeltalige “landslied” word dus ook op Christelik-godsdienstige gronde verwerp, aangesien die lied met sy algemene bewoording na enige- en alle gode kan verwys. Die oorsprong van die lied getuig daarvan dat dit allermins na die Enigste, Drie-enige God van die Bybel verwys. Verdere bewys daarvan is die algemene gebruik van ‘n “meditasie-oomblik” by geleenthede waar die lied gespeel word; waartydens elkeen tot sy- of haar “godheid” mag bid. Die Enige God is ‘n jaloerse God; en deel volgens Jes. 42:8 nooit Sy lof en eer met afgode nie.

Die Verkennersbeweging staan verstom oor die feit dat soveel Direksielede van Akademia wat terselfdertyd ook direksielede van Radio Pretoria is, so ‘n posisie van botsende belange kan inneem. Gevolglik stel die Beweging dat – tensy Radio Pretoria se missie, visie en waardestelsel drasties verander het – die betrokke direkteure onmiddelik van Radio Pretoria se Direksie (en enige ander volksgesinde instelling waar hulle mag betrokke wees) behoort te bedank. Die Verkenners sal voortgaan om volkseie tersiêre inrigtings te steun wat hulle by Gereformeerd-Christelike waardes hou; en nie bereid is om beginsels ter wille van eie gewin prys te gee nie.

Verkennersraad :Verkennersbeweging van Suid-Afrika