VVK kandidaat Abel Malan in lokval gelei.

16 Julie 2011

Tydens ‘n media konferensie gehou deur die Stellenbosch universiteit het dit bekend geword dat Professor Anton van Niekerk sekuriteitswagte strategies geplaas het in die kantore rondom sy kantoor tydens mnr. Malan se besoek aan hom.

Dit het ook aan die lig gekom dat die deure na die gebou waar die ontmoeting plaasgevind het, gesluit is nadat Malan die gebou betree het. Dit blyk dat van Niekerk ‘n sensasie soeker is, wat moontlik die motivering was vir sy Afrikaner haat artikel wat in onder andere Beeld verskyn het.

Daar bestaan ‘n sterk vermoede dat van Niekerk, Malan uitgelok het tydens hulle gesprek. Na afloop van die insident is daar deur die regspan van mnr. Malan versoek om foto’s te neem van die toneel en van professor van Niekerk, om as bewysstukke te dien. Die versoek is geweier wat groot vraagtekens laat.

Dit is voorts uiters vreemd dat twee advokate ingespan is om mnr. Malan se borgaansoek teen te staan. Veral in die lig gesien dat by plaasmoord sake daar soms nie eers een advokaat teenwoordig is nie. Die advokate se uitspraak, volgens die Burger koerant, dat die staat se regte belangriker is as ‘n burger se reg tot vryheid, laat rooi kommunistiese ligte flikker.

Uit die bostaande inligting blyk dit daar ‘n ge-orkestreer poging is om die Boere-Afrikaner se vryheidseis te diskrediteer. Hierdie laakbare optrede is ‘n laaste lafhartige poging om ‘n internasionale, wettige proses te stuit en sal beslis nie slaag nie. Die misleiding wat hier plaasvind herinner sterk aan die de Klerk regering se “wigte en teenwigte” beloftes wat duidelik leuens was.

Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid Afrika
Sel : 083 309 1300