Uitdaging aan Malema

11 Maart 2010

Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika, het met woede kennis geneem van die leier van die ANC jeugliga se oproep dat boere geskiet moet word. Sedert 1994, toe die ANC oorgeneem het, is daar reeds meer as 3000 boere, meestal bejaardes en vrouens, op die wreedste moontlike manier op plase vermoor. Die regering van die dag maak ook hierdie moorde af as blote misdaad, maar as mens in ag neem dat in baie gevalle niks gesteel word nie, is dit onsinnig om hierdie wreedheid as blote misdaad af te maak.

Malema se uitlating word deur die Verkenners Beweging van Suid-Afrika geag as aanhitsing tot plaasmoorde en is vir die Verkenners totaal onaanvaarbaar. Veral as in ag geneem word dat dit meestal bejaardes en vrouens is wat op plase vermoor word.

“As Malema so graag ‘n boer wil skiet, laat hy my kom skiet en nie ander mense aanhits om weerlose bejaardes en vrouens te vermoor nie” het die Nasionale Sekretaris van die Verkenners Beweging, Mnr. Ben Geldenhuys gesê. Hy het bygevoeg: “Om dit vir hom maklik te maak, sal ek op die 19de Maart 2010 om 12h00, by Fort Schanskop vir hom wag”.

Die Verkenners Beweging het ook kennis geneem van talle klagtes wat teen Malema ingedien is by die menseregte kommissie, die Verkenners is egter van mening dat hierdie klagtes tot niks sal uitloop, aangesien Malema klaarblyklik superklas burgerskap het.

Ben Geldenhuys
Nasionale Sekretaris
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
083 309 1300