Afsterwe van Nelson Mandela

6 Desember 2013.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika spreek die hoop uit dat die dood van Nelson Mandela ‘n nuwe, regverdiger tydvak vir die Boere-Afrikanervolk en ook vir ander volke in suider-Afrika sal inlui. Mandela se nalatenskap word allermins deur vrede en versoening gekenmerk – eerder deur die grootste moord- en martelveldtog waaraan ons volk ooit blootgestel was. Ook die slagting onder Swartes wat Mandela se ANC begin het in die 1980’s en vandag nog voortduur in die vorm van anargie, verdwerg die dooies van Sharpeville en die Soweto-opstande tot ‘n minimale syfer.

Onder Mandela het die Parlement van Suid-Afrika Bybelse beginsels vertrap en wette begin maak waardeur moord in die vorm van aborsie, Sabbatsontheiliging, dobbelary, pornografie en diefstal algemeen-aanvaarde praktyk geword het. Daarmee nog nie tevrede nie, laster die ANC openlik teenoor God die Vader, Seun en Heilige Gees deur hulleself met God te vergelyk.

Onder Mandela het Suid-Afrika begin verval van ‘n trotse Eerste Wêreld-staat tot ‘n plek wat te pateties is om skoolboeke en skoon drinkwater aan sy inwoners (ook Swartes) te lewer. Onder Mandela is ons volk beroof van dosyne ondernemings wat met ons geld opgebou was – van banke en krygstuigfabrieke tot staal-aanlegte en uitsaaikorporasies. Onder Mandela is ons volk beroof van honderde duisende werksgeleenthede, wat onberekenbare sosiale euwels en emosionele skade tot gevolg het.

‘n MINIMUM-bewysbare bedrag van R1 630 328 733 502 is uit Blanke belastinggeld aan nie-Blankes tydens Apartheid gespandeer. Onder Mandela is ons volk beroof van menswaardigheid, deur dit wat ons en ons voorgeslag hier tot stand gebring het onder nie-Blanke groepe, konstant as boos voor te stel – terwyl geen Swart bevolking op die ganse kontinent van Afrika naastenby die vlak van opleiding en lewensstandaarde bereik het, as wat Suid-Afrikaanse nie-Blankes onder Apartheid gehad het nie.

Soos ander Swart volke, het ook Mandela se volk – danksy Apartheid – die grond teruggekry wat eeue deur hulle bewoon was, regmatig aan hulle behoort het, en deur Britse ekspansionisme van hulle gesteel was. Mandela, wat onder Apartheid ‘n matrieksertifikaat verwerf het, onder Apartheid ‘n regsgraad behaal het en onder Apartheid as prokureur toegelaat is, het hiervan kennis gedra. Tog het hy voortgegaan om ons volk se pogings tot ‘n regverdige bedeling vir almal in Suid-Afrika, met geweld teen te staan. Blankes se verskaffing aan Swartes van grond, van onderwys, munisipale dienste, landbou-voorligting, gratis mediese dienste, infrastruktuur, ensovoorts is deur Mandela en sy ANC beantwoord met bomme in besigheidstrate, limpetmyne in restaurante en winkelsentrums; met landmyne op plaaspaaie; met brandende buitebande om die nekke van Swartes wat hulle nie gepas het nie.

Om Mandela onder hierdie omstandighede as ‘n vredeliewende versoener voor te hou, is soos om ‘n weeskind te bewonder dat hy net een van sy grootmaak-ouers vermoor het, en slegs die ander een se arms afgekap het – sonder om aan die nekslagaar te raak.

Die “hoofstroom-media” het nietemin daarin geslaag om hierdie “kloset-monster” aan die wêreld voor te stel en te verkoop as ‘n ikoon. Die woorde van Openbaring 13:3 kom onwillekeurig by mens op: “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan…” Maar, nie die media se soetste leuens en wanvoorstellings kan ooit die waarheid in valsheid verander, of andersom nie.

Aan Nelson Rolihlahla (merkwaardig genoeg beteken dit “moeilikheidmaker”) Mandela, verklaar die Verkennersbeweging van Suid-Afrika: Die meul van die Geskiedenis en van Geregtigheid sal jou maal, soos vir soveel ander wêreldse “ikone” voor jou.

Nasionale Verkennerraad