Oproep tot protes teen onreg

Persoonlike verklaring

Clive derby-Lewis is terminaal. Die 78 bejaarde man wat reeds kanker oorwin het, onlangs twee moordaanvalle oorleef het, die swakste denkbare mediese sorg van korrektiewedienste dokters oorleef het en reeds in 2008 deur die paroolraad goedgekeur is vir parool, is ten spyte van die feit dat hy nou terminaal siek verklaar is, steeds onregmatig in aanhouding. Die rede is eenvoudig – politiek. Oom Clive is die ANC se trofee. Hulle enigste trofee, want die land is op ‘n skinkbord aan hulle oorhandig deur die lamsakkige FW de Klerk regering.

Ten spyte van al die onreg wat teen hierdie merkwaardige man gepleeg word, sal die wat hom deur die jare besoek het, bevestig dat oom Clive een van die positiefste mense is wat daar is. Mens verlaat ‘n besoek by oom Clive gemotiveerd en positief en met ‘n skuldgevoel dat jy in vergeleke met sy situasie so baie het om voor dankbaar te wees, maar steeds so maklik kla. Ek onthou dat wanneer ons op sy verjaarsdag elke jaar voor die tronk gaan braai het, dat hy altyd geskakel het om dankie te sê dat ons hom nie vergeet het nie.

Dit maak van oom Clive ’n held en ’n rolmodel. Daarom skuld ons dit aan hom om op 12 April 2014 om 09h00 deel te neem aan die protes optog wat by Kerkplein gaan plaasvind om die onreg wat teen hom gepleeg word bekend te maak. Dit is waarskynlik die laaste aksie waarvan hy sal kan kennis neem.

Ben Geldenhuys